Die Drie-Eenheid
Uitkomste: Ons verstaan dat elkeen van ons ’n wêreldbeeld het – ’n raamwerk waardeur ons die lewe bekyk en waarvolgens ons ons lewens inrig. Vir meeste is hierdie wêreldbeeld gerat om plesier te verhoog, maar vir Christene behoort dit gerat te wees om ons kennis van hoe die werklikheid werklik is te verhoog. Ons verstaan ook dat die kern faset van ons wêreldbeeld die feit van God se identiteit is as God drie-Enig
- Ysbreker
- Probeer om gekleurde brille of glas/plastiek in die hande te kry en kyk daardeur na die dinge/mense rondom jou
- Verduidelik wat jy sien en hoe dit anders lyk as wat jy gewoonlik daarsonder sien
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoe verstaan jy die term ‘wêreldbeeld’?
- In watter opsig is die ysbreker met die gekleurde lense ’n goeie voorbeeld van hoe ’n wêreldbeeld werk?
- Wat dink jy is die beginsel/einddoel wat meeste mense se wêreldbeelde bepaal?
- Wat sou jy sê is die hoof verskille tussen ’n Christelike/Bybelse wêreldbeeld en ’n sekulêre wêreldbeeld?
- Wat is die regte-wêreld implikasies van hierdie verskille?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees Joh. 15:9-11
- Hoekom is soveel mense so gekant teen die blydskap wat Jesus vir ons wil hê?
- Lees Matt. 3:16-17
- Hoe antwoord hierdie teks die siening wat sommige oor God het dat Hy een God is wat slegs in verskillende rolle/verhoudinge na ons toe kom en nie as 3 Persone nie
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Hoe antwoord ons die ander siening dat God drie afsonderlike gode is en nie een God nie?
- Hoekom kan ons na God verwys as drie ‘Persone’ – is dit nie net mense wat persone is nie?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Ons sien dat God in Homself van alle ewigheid af drie Persone in perfekte verhouding en liefde is
- Wat sê die leer oor hierdie faset van die drie-Eenheid vir ons as mense wat in God se beeld geskep is?
Verder lees
- Josh & Sean McDowell – The Unshakable truth
- Matthew Barrett – Simply Trinity
- Is God ’n ‘persoon’? https://www.gotquestions.org/is-God-a-person.html