Pinkster vir vandag

Mense Met 'n Missie

Pinkster vir vandag

May 18, 2024 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat die uitstorting van die HG ’n eenmalige gebeurtenis in die geskiedenis was en nie iets is wat met elke nuwe gelowige gebeur nie. Ons verstaan ook dat die ontvang van die gawe van die Heilige gees nie iets is wat apart van my wedergeboorte gebeur nie, maar is die kenmerkende eienskap daarvan.

  • Ysbreker
  • Hoe sou jy voel as iemand dieselfde geskenk twee keer vir jou gee?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Wanneer ontvang iemand die Heilige Gees?
    • Hoekom is daar tussen verskillende kerke verwarring hieroor?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam 1 Kor. 12:12-13
    • Wat verduidelik Paulus hier oor die betekenis van ‘die ontvang van die Heilige Gees’ vir ’n persoon se lewe?
  • Lees saam Hand 1:8
    • Hoe is dit duidelik wanneer mens kyk na Hand 1-10 (veral 2, 8, 10) dat Jesus hier in 1:8 nie bloot die stelling maak “julle gaan oral die Evangelie verkondig nie,” maar eerder ’n evangelisasie program uiteensit van hoe die Evangelie progressief verkondig moet word?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • As wedergeboorte en die ontvang van die Heilige Gees ’n eenmalige gebeurtenis is en nie 2 aparte gebeurtenisse nie, hoekom lyk dit in Hand 2, 8 en 10 of dit wel so is?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Wat is die implikasie vir ons lewens as wedergeboorte en ontvang van die Gees een gebeurtenis is, en wat is die implikasies as dit 2 gebeurtenisse is?
  • Verder lees
    • Sinclair Ferguson, The Holy Spirit and his story – hfst. 4 Pentecost today
    • James Dunn, Baptism in the Holy Spirit – hfst. 4 The miracle of Pentecost

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *