Jesus se opdrag vir ’n wêreld-wye verandering.

Mense Met 'n Missie

Jesus se opdrag vir ’n wêreld-wye verandering.

May 11, 2024 Uncategorized 0

Ysbreker

  • Het jy al te doen gehad met iemand wat ’n buitengewone groot droom het wat hy/sy wil doen? Het dit uitgewerk?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Stel jou self voor: ’n Rabbi wat geen besittings, geen inkomste en geen huis het nie, wat ook nie getroud is of kinders het nie, en wat vir 3 jaar sy 12 volgelinge (meestal glad nie geleerde of vermoënde mense nie) onderrig oor die opdrag wat hy sê hy het het om die wêreld te verander. Hy laat hulle deel in allerhande ervarings van sy besondere vermoëns. Daarna sterf hy maar staan weer op uit die dood. Maar dan gee hy aan hulle die opdrag om namens hom hierdie wêreldwye opdrag voort te sit en gaan dan weg hemel toe. Hy gee wel aan hulle die belofte dat hy deur sy gees by hulle sal wees om hulle krag te gee.
  • Wat sou jy dink van iemand wat vandag leef en vir jou hierdie dinge vertel wat hy glo hy moet doen?
  • Wat dink jy is die kanse op sukses van hierdie man se missie?
  • Lees saam Matt. 28:16-20
  • Dink bietjie oor die 12 manne:
    • Daar is nou net 11, wat het van die ander een geword?
    • Hoe vol vertroue in hulle Leier is hulle?
    • Hoe dapper en vol vrymoedigheid is hulle
    • Hoeveel verstaan hulle van Jesus se opdrag
    • Sou jy so ’n belangrike wêreldwye beweging aan die manne oorgee?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees weer Matt. 28:16-20
  • Gebruik verskeie vertalings en kommentare en gesels oor die volgende begrippe:
    • Alle mag in die hemel en op aardeAlle nasiesMaak dissipelsDoop hulle in die Naam van die Vader en Seun en GeesLeer hulleOm alles te onderhou wat Hy beveel het
    • Ek is by julle tot die einde

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Hoe verklaar ons die feit dat hierdie menslik onmoontlike missie tot so ’n mate suksesvol is dat daar vandag ongeveer 2,4 biljoen mense is wat sê dat hulle christene is?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *