Die Koninkryk
Uitkomste: ons verstaan dat God se Koninkryk ’n geestelike antwoord op ’n geestelike probleem is met regte wêreld implikasies, nie ’n wêreldse oplossing vir wêreldse probleme nie. Ons verstaan dat Jesus se Koninkryk daargestel is om oorlog te voer teen die satan se koninkryk en die aarde terug te neem uit sy beheer.
- Ysbreker
- As jy jou eie koninkryk kon hê waar jou woord wet was, watter wette sou jy implementeer om te verseker dat jou Koninkryk loop soos jy dit wil hê?
- Wat sal jy maak met mense wat willens en wetens jou wette breek?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- As iemand jou sou vra: wat is die ‘Koninkryk van God’, hoe sou jy dit verduidelik?
- Hoekom is die verstaan van die ‘Koninkryk van God’ so ’n kern deel van ons Bybelse wêreldbeeld?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees Matt. 23:13,23 & 27-28
- Hoe sou jy Jesus se probleem met die godsdienstige leiers van sy volk opsom?
- Op watter wyse word Christene vandag ook aangespreek deur Jesus se woorde hier?
- Lees Hand 1:6 en Joh. 18:36
- Watter verkeerde idees het Jesus se volgelinge gehad oor wat en hoe God se Koninkryk sou wees?
- Lees Ef. 6:10-12
- Is dit nie maar om die werklike probleme in die wêreld te vermy wanneer ons dink ons eintlike stryd is teen bose magte nie?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoe kan ek deelneem aan God se Koninkryk?
- Rom 12:21
- Jak 4:7
- 2 Tim 4:2
- Jak 2:18