Die kerk
Uitkomste: Ons verstaan dat die kerk nie ’n gebou of ‘n geleentheid is nie, maar ’n versameling mense op ’n Goddelike missie
- Ysbreker
- Vertel van jou ‘most embarrassing’ ervaring in die kerk
- Vertel van een preek wat jy al gehoor het wat jy nooit sal vergeet nie
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoekom is mense so geneig om ‘kerk’ bloot met die gebou of die erediens te assosieer?
- Hoe dink jy beïnvloed mense se siening van ‘kerk’ hul ‘kerk-wees’/dissipelskap?
- Verduidelik in een sin wat ‘kerk’ beteken soos Jesus dit bedoel het?
- Hoekom is dit belangrik dat ons reg dink oor wat Jesus bedoel het met ‘kerk’?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees Matt. 16:13-18
- Waarna verwys Jesus wanneer Hy praat van die ‘rots’ waarop Hy sy kerk gaan bou
- Watter prentjie dink jy het die dissipels in hul koppe gehad oor die ‘kerk’ waarvan Jesus praat?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Die Nuwe-Testament gee vir ons 6 woord prentjies wanneer dit die ‘kerk’ beskryf – gesels oor elkeen van hierdie prentjies: wat beteken dit vir hoe ons prakties kerk is:
- Die kerk is die ‘nuwe’ volk van God – Kol 3:9-11
- Die kerk is God se familie – Rom 8:14-17
- Die kerk is die liggaam van Christus – Rom 12:4-5
- Die kerk is God se tempel – 1 Kor. 3:16
- Die kerk is die bruid van Christus – Ef. 5:25-27
- Die kerk is Jesus se agent wat sy missie vervul om die verlorenes te red – 2 Kor. 5:18,20
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoe leef ons Jesus se visie vir sy kerk uit?
- Wat het ‘kerk-wees’ te sê oor ‘kerk toe kom’? Hebr. 10:24-25