Titus 3:3-8 – Die Evangelie-vormige lewe
Uitkomste: Ons verstaan wie ons was en soms nog is, ons verstaan wat God gedoen het om ons te verlos van wie ons was, daarom leef ons nou ’n lewe wat getuig van hierdie verlossing: ’n Evangelie-vormige lewe
- Ysbreker
- Vertel van ’n keer wat jy geweldig siek was en hoe dit jou roetine en vermoëns beïnvloed het
- Hoe kan ons dit vergelyk met ons sonde-kondisie voordat Jesus ons red?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoekom is dit belangrik ‘om te onthou wie/hoe ek was’?
- Hoekom is dit belangrik ‘om te onthou wat God vir my gedoen het’?
- Hoekom is ’n ‘evangelie-vormige lewe’ belangrik vir mense wat Jesus volg?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees Titus 3:3-8
- Hoe akkuraat is Paulus se beskrywing van die ‘ou mens’ in jou opinie?
- Die woordjie ‘onverstandig’ herroep die Bybelse idee van ‘dwaasheid’ en daarmee saam ’n ingesteldheid van ‘daar is geen God nie’. Dink jy dit is moontlik om ’n ‘Christian Atheist’ te wees? Hoe sou so ’n ingesteldheid lyk?
- ‘verslaaf aan allerlei begeertes en luste’ – Wat dink jy het Augustinus bedoel met “a man has as many masters as he has vices”?
- Wat is die impak van die ‘maar’ in v4 op die lewe van Christene?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoe sou jy na aanleiding van Titus 3:3-8 ’n Evangelie-vormige lewe beskryf?