Tit. 3:1-2 & 8-15 – Hoe om goed te doen
Uitkomste: Ons verstaan dat dit ’n Christen se voorreg is om goed te doen, nie ’n werk wat op ’n lysie afgetik moet word nie. Ons verstaan dat daar van ons verwag word om in 3 areas goed te doen: teenoor ons leiers, in ons menseverhoudings en deur ons godsdiens. Ons verstaan dat dit nie altyd maklik is nie, juis omdat ons voel dat mense nie verdien dat ons aan hulle goeddoen nie, maar dit herinner ons daaraan dat God se genadige handeling in ons lewe ook onverdienstelik is
- Ysbreker
- Vertel van ’n ‘stank-vir-dank’ oomblik in jou lewe waar jy iets goeds vir iemand gedoen het of wou doen en hulle dit terug gegooi het in jou gesig
- Hoe het dit jou laat voel?
- Om watter wyse is dit hoe ons ook baie keer met God se goedheid doen?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Ons lees baie keer in die Bybel die opdrag om ‘goed te doen’ of die vermaning tot ‘goeie werke’ – hoe sou jy eenvoudig vir ’n jong Christen beskryf wat die ‘goeddoen’ of ‘goeie werke’ is waartoe ons geroep word?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees Tit. 3:1-2
- Hoe lyk ‘goeddoen’ volgens hierdie verse teenoor ons leiers en owerhede?
- Hoekom is daar baie Christene wat sou huiwer oor hierdie opdrag?
- Is daar ’n tyd wat daar nie aan hierdie opdrag gehoor gegee moet word nie?
- Lees Tit. 3:2 & 8
- Hoe word daar van ons gevra om teenoor die mense rondom ons op te tree?
- Wat sou die rede hiervoor wees?
- Wat as hulle nie verdien dat ons so teenoor hulle optree nie?
- Lees Tit. 3:9-14
- Is daar ’n verkeerde manier om jou godsdiens uit te leef?
- Wat word eerder van ons gevra?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Bespreek die aanhaling: “Serving God is not your job, it is your joy”