Foutlyne in die kerk

Mense Met 'n Missie

Foutlyne in die kerk

August 10, 2024 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat Christene in die wêreld is maar nie van die wêreld nie – dit beteken ons is na die wêreld gestuur deur God om die wêreld positief te beïnvloed. Hierdie positiewe invloed gebeur op verskillende maniere – die manier hoe ons leef voor ander, dink oor ander maar veral ook praat met ander. Ons verstaan Christene is geroep is om nie net hul eie geloof te verstaan en te kan verwoord nie, maar om ook die kultuur te verstaan sodat ons sinvol daarmee kan omgaan

  • Ysbreker
  • Vertel van ’n groot geveg wat jy al met iemand gehad het of ’n groot geveg tussen vriende wat jy al gesien het
    1. Hoekom baklei ons met mekaar?
    1. Is daar oor ’n goeie rede om in ’n geveg betrokke te raak?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam 1 Pet. 3:14-16
    • Hoekom is ons gelukkig wanneer ons swaarkry as ons die regte ding doen? Lees ook Matt. 5:10
  • Een van ons kerkvaders, Johannes Kalvyn, het gesê: “A dog barks when his master is attacked. I would be a coward if I saw that God’s truth is attacked and yet would remain silent”
    • Hoe val mense vandag ons Meester, Jesus, aan?
    • Wat word daar van ons as Christene verwag wanneer dit gebeur?
  • Daar is ’n regte en ’n verkeerde manier om teen iemand op te tree wat ons Meester aanval, hoe lyk die verkeerde manier en hoe lyk die regte manier?

Memoriseer hierdie vers (1 Pet. 3:15): “Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe”

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Hoekom kan Christene nie totaal onttrek van politieke gesprekke nie?
  • Hoe moet Christene aan politieke gesprekke deelneem?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *