Leef getrou in Babilon
Uitkomste: Ons verstaan dat om getrou te leef in ’n kultuur wat ons vyandiggesind is en veral ons God en sy moraliteit aanstootlik vind dat ons 3 dinge moet doen uit die oortuiging dat dit hier en nou is waar God ons geplaas het: 1) groei wortels, 2) dink multi-generasioneel, 3) bid vir ons onderdrukkers
- Ysbreker
- Vertel van ’n kuier waarby jy al was waar die mense glad nie jou mense was nie, maar jy moes dit maak werk op ’n manier
- In watter opsig is dit ook die Christelike ervaring in die wêreld?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Het jy al Jer. 29:11 op jouself van toepassing gemaak?
- Watter probleme ontstaan wanneer mens hierdie vers uit konteks gebruik?
- Wat is die dinge wat dit vir mense vandag moeilik maak om optimisties te leef?
- Wat is die dinge wat dit vir Christene moeilik maak om nie optimisties te leef nie?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Jer. 29:1 & 4-8
- Vir wie is hierdie teks geskryf en wat was die situasie waarin hulle hulself bevind het?
- Hoekom het Israel gedink hulle sou gou weer huis toe gaan en wat was God se antwoord daarop?
- Wat is die 3 goed wat God van Israel verwag het vir die 70 jaar wat hulle in Babilon sou wees?
- Hoe gee hierdie teks vir ons rede om optimisties te wees in ons eie konteks wat baie lyk soos Babilon vir die Israeliete gelyk het?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Dit is nie altyd moontlik om bloot op te staan in elke situasie en reguit te getuig oor jou geloof nie – kyk na die volgende teks en aanhaling en praat oor praktiese maniere om nogsteeds ‘n getuienis te hê in moeilike omstandighede
- Matt. 10:16 “Kyk, Ek stuur julle uit soos skape onder die wolwe. Wees dan behoedsaam [versigtig/wys] soos slange en onskuldig soos duiwe”
- Jonathan Cahn – “We live in an age of desecration therefore we must all the more strongly become a people of consecration [toewyding]”