Om die regte ding te doen

Uitkomste: Ons verstaan ‘om God se wil vir my lewe te soek’ kan net verwys na God se geopenbaarde wil – ons het geen toegang tot God se geheime plan vir my lewe nie en ons vertrou Hom daarmee. Ons verstaan wat God van ons verwag is om oomblik vir oomblik die regte ding te doen en ons kan dit slegs doen wanneer ons ingegrou is in sy Woord waar Hy hierdie dinge aan ons openbaar het.
- Ysbreker
- Kyk of jy al 10 gebooie in volgorde kan opsê
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Michael Horton wie se boek ons gebruik vir die reeks verwys na die 10 gebooie as ‘the law of perfect freedom’ – hoe werk ’n wet wat mens vrymaak? Is wette nie gewoonlik dinge wat mens bind nie?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Joh. 10:10
- Wat is mense se idee van ’n oorvloedige lewe?
- Wat is die ‘oorvloedige lewe’ waarna ons as Christene strewe?
- Lees saam Deut. 29:29
- Wat is die ‘verborge’ en ‘geopenbaar’ waarvan Moses hier praat?
- Hoekom is dit vir ons so moeilik om God te vertrou met die ‘verborge’ dinge van ons lewe?
- Lees saam Kol 3:23
- As iemand jou sou vra wat God se wil vir hul lewe is, hoekom sou ‘wat ook al’ ’n goeie antwoord wees wanneer ons kyk na hierdie teks?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoe sou jy vir iemand oortuig dat ’n diep verstaan van die 10 gebooie ’n goeie ding is?