Om God se Naam nie te misbruik nie
Uitkomste: Ons verstaan dat daar baie meer agter hierdie gebod lê as bloot ‘moenie laster nie’. Ons verstaan hoe ons God se Naam misbruik wanneer ons Hom, sy gesag en sy Woord aanwend in diens van ons eie agendas. Ons verstaan dat ons God se Naam misbruik wanneer ons wat onsself met Hom assosieer (sy Naam dra) nie optree in lyn met sy wil nie – m.a.w., skynheilig is. Ons verstaan dat ons God se Naam misbruik wanneer ons sy Woord verdraai om iets anders te beteken of iets anders te sê as wat sy intensie was. Ons verstaan dat God sy Naam met groot ywer beskerm en dat Hy dieselfde van sy kinders verwag.
- Ysbreker
- Watter byname het mense al vir jou gegee en wat was die rede daarvoor?
- Was/is dit vir jou ’n positiewe of negatiewe ervaring?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoekom is dit vir ons en ons ouers so belangrik dat ons ons naam moet beskerm?
- As kinders van God (Ef. 5:1) beteken dit ons ook sy Naam dra, soos wat ons ons ouers se naam dra
- Hoe reflekteer ons gedrag dan op God se Naam?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Hosea 4:1-6 en einde van v14
- Wat het gelei na die samelewings-probleme (meineed [lieg],bedrog, moord, diefstal en toename in egbreuk) volgens God?
- Wie dra die skuld hiervoor en hoekom eis God rekenskap by hulle?
- Hoekom lei ‘gebrek aan kennis van God’ tot die groot verval in die samelewing?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Hoe sou jy die volgende punt verdedig: ‘Soos wat die kerk gaan, gaan die samelewing’?
- Die 4 maniere waarop ons God se Naam misbruik is:
- Om God vir ons eie agenda’s te gebruik
- Om onsself met God te assosieer en dan skynheilig te leef
- Om God se Woord te verdraai of wan voor te stel
- Om God se Naam te belaster
- Gesels oor hoe elkeen van hierdie 4 punte prakties lyk in mense se lewens
- Hoekom is God so ernstig oor die heiligheid en reputasie van sy Naam?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoe kan ek my manier van praat aanpas om groter eer en respek aan God se Naam te gee?
- Watter tipe gedrag het ek nodig om aan aandag te gee sodat ek nie deur my assosiasie met God se Naam, sy Naam skade maak nie?