Moet ons die Sabbat heilig hou?

Uitkomste: Ons verstaan dat die opdrag om die Sabbat heilig te hou aan ’n spesifieke groep mense op ’n spesifieke tyd gegee was – Israel. Ons verstaan dat die Sabbat ’n vooruitskouing van Jesus se koms was wat die ewige geestelike Sabbat ingehuldig het. Ons verstaan daarom dat die Sabbat nie meer bindend is op Christene vandag nie, maar dat ons nie verbied word om dit as persoonlike toewyding te vier nie. Ons verstaan wel dat om een dag uit die week op sy te sit vir fokus op die Here ’n goeie en nodige gebruik is wat al van die aanvang van die kerk in plek is.
- Ysbreker
- Hoe is/word die Sondag in julle huis gevier?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoe verstaan jy die onderskeid tussen die drie tipes wette in die Ou-Testament:
- Morele wette
- Seremoniële wette
- Siviele wette
- Met die afsluiting van die seremoniële wette en siviele wette deur Jesus se koms, hoekom dink jy het sommige mense so ’n hunkering terug na ons Joodse wortels?
- Lees hierdie skakel vir ’n goeie bespreking oor die ‘Hebrew roots’ beweging https://www.gotquestions.org/Hebrew-roots.html
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees Gen. 2:2-3
- Wat sê hierdie teks oor wat die Sabbat aanvanklik was en wie die Sabbat aanvanklik onderhou het?
- Hoekom sou God nodig gehad het om van sy werk te ‘rus’? Hoe moet ons hierdie ‘rus’ verstaan?
- Lees Eks 31:14
- Wie is die ‘julle’ met wie God hier praat?
- Hoekom het God hierdie groep mense ingenooi om sy Sabbat saam met Hom te vier?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Op watter wyse was die viering van die Sabbat in die Ou-Testament vooruitskouend op Jesus?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Is die onderhouding van die Sabbat verpligtend vir Christene
- Mag Christene die Sabbat vier?
- Hoekom is dit steeds goed om een dag in die week uit te sit om volkome op die Here en sy Woord te fokus saam met ons families?