Eer jou vader en jou moeder

Eer jou vader en jou moeder

October 5, 2024 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat God ons beveel om ons ouers te eer – maar dit lyk anders in elke lewensfase en ook wat gesin-opset betref. God beveel nie gehoorsaamheid nie, maar eer. Ons verstaan dat dit vir baie kinders moeilik is om op te kyk na hul ouers as ’n voorbeeld van Christelike dissipelskap – soms is dit nodig om jou ouers op ’n afstand lief te hê en die invloed wat hulle op jou en jou gesin het te beperk, maar die eer aan ons ouers mag nooit ontbreek nie.

  • Ysbreker
  • Is daar goed wat jou frustreer het van jou ouers toe jy klein was maar nou sien jy die meriete daarin?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Hoekom is die plek waar hierdie gebod in die 10 gebooie staan so slim? (aan die einde van die gebooie oor ons verhouding met God en aan die begin van die gebooie oor ons verhouding met ons naaste)
    • Hoe help goeie ouerskap ons met die 10 gebooie?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Ef. 6:1-9
    • Wat is kinders se verantwoordelikheid teenoor hul ouers?
    • Wat is ouers se verantwoordelikheid teenoor hul kinder?
    • Geld die ‘eer jou vader en jou moeder’ gebod ook vir ander verhoudinge waar daar ’n persoon in gesag staan en ’n persoon onder gesag staan?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Wanneer beteken ‘eer’ ook ‘gehoorsaam’ en wanneer nie?
  • Hoe kan kinders ouers nogsteeds eer wat hul seergemaak het?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Evalueer jou verhouding met jou ouers – waar het jy nodig om beter te doen sodat hulle geëer word soos wat God van ons verwag?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *