Jy mag nie moord pleeg nie
Ons verstaan dat hierdie gebod ’n morele wet is wat vir alle mense van alle tye geld ongeag situasie of persoonlike gevoel. Ons verstaan ook dat Jesus moord beskou het as iets wat nie net fisies gepleeg kan word nie, maar ook in die manier hoe ons met mense praat, as ’n uitwaartse aanduiding van hoe dit in ons hart gaan. Ons verstaan ook dat hierdie gebod nie net moord verbied nie, maar na die anderkant ons ook aanspoor om aktief die lewe in oorvloed vir ons naaste te wil hê.
- Ysbreker
- Wat is die een ding wat altyd jou knoppies druk wanneer iemand dit vir jou sê?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoe verstaan jy die betekenis van die twee terme ‘teologie’ en ‘etiek’?
- Hoekom sê ons as Christene dat ons etiek van ons teologie afkom?
- Wat is ’n morele wet?
- Hoekom is ’n morele wet nie iets wat van situasie na situasie kan verander of verander volgens mense se opinies/voorkeure nie?
- ’n Morele wet wat vir alle mense van alle tye geldend is, moet ’n morele wet-Gewer hê wat groter is as die mens en wat ook magtig genoeg is om seker te maak sy wet word gehoorsaam en te verseker dat die ongehoorsame gestraf word
- Hoekom is ons mense vandag so gekant teen die idee van ’n morele wet-Gewer?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Matt. 5:21-22
- Hoe is minagting van iemand, die publieke shaming van iemand of die afkraak van iemand se karakter/persoonlikheid vir Jesus dieselfde as moord?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Martin Luther en die ander hervormers het baie sterk daaroor gevoel dat hierdie gebod nie net moord verbied nie, maar ons ook die opdrag gee om ons naaste te versorg
- Hoe is die versuim om goed te doen aan iemand vir hulle dieselfde as moord?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Waar moet ek vergifnis gaan vra vir die manier hoe ek met of oor my naaste gepraat het en dus skuldig staan voor Jesus se standaard vir taal wat op dieselfde vlak as moord staan?