Jy mag nie egbreuk pleeg nie

Mense Met 'n Missie

Jy mag nie egbreuk pleeg nie

October 19, 2024 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat tradisionele waardes, soos die huwelik, ’n goddelike instelling is – net soos ouerskap. Dit beteken dat ons as Christene ’n geweldige verantwoordelikheid het om hierdie goddelike instellings volgens God se wil uit te voer. Ons verstaan die verder dat God nie in die eerste plek geïnteresseer is om ons gedrag te reguleer nie, maar om ’n hartskondisie te kweek wat die regte gedrag te voorskyn sal bring

  • Inleiding
  • Bespreek die moontlike redes vir die gevolgtrekkings van Barna se navorsing: “Over the years, surprisingly little research shows evidence that the lifestyles of born-again Christians differ from those of nonbelievers, apart from involvement in religious activities. In nonreligious activities, the profile was nearly identical among believers and nonbelievers.”
  • Michael Horton maak in dieselfde lyn die volgende stelling: “We cannot expect in the world an integrity that is missing in the church
    • Wat bedoel hy en stem jy saam/nie?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees Joh. 10:10
    • Hoe is dit dat ‘’n lewe in oorvloed’ volgens Jesus, insluit dat jy jouself moet verloën en ook jou kruis moet dra? Hoe kan oorvloed swaarkry insluit?
  • Lees Matt. 5:27-28 & 31-32
    • Hoe definieer ons egbreuk? Hoe herdefinieer Jesus dit?
    • Hoekom is egbreuk vir Jesus nie in die eerste plek iets wat met my gedrag te doen het nie, maar met my intensie/kondisie van my hart ?
    • Wat is die 2 kondisies waarby die Nuwe-Testament egskeiding toelaat? (Lees ook 1 Kor. 7:15)
  • Hoekom is Jesus so ernstig oor die huwelik? Lees Ef. 5:31-33

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Die begrip van ‘egbreuk’ kom van die Latynse woord adulterare wat beteken “om iets by te voeg wat die oorspronklike afwater/swakker gehalte maak”
    • Hoekom is hierdie ’n betekenisvolle beskrywing van egbreuk?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Volgens Jesus se definisie van egbreuk (wellus) staan ons almal skuldig.
    • Watter aanpassings kan ons wel maak om die situasies waarin ons versoek kan word tot wellus te beperk?
  • Is daar genade vir egbreuk?
    • Martin Lloyd-Jones “On the basis of the Gospel and in the interest of truth I am compelled to say this: Even adultery is not the unforgivable sin. It is a terrible sin, but God forbid that there should be anyone who feels that he or she has sinned himself or herself outside the love of God or outside His kingdom because of adultery. No; if you truly repent and realize the enormity of your sin and cast yourself upon the boundless love and mercy and grace of God, you can be forgiven and I assure you of pardon. But hear the words of our blessed Lord: “Go, and sin no more.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *