Jy mag nie vals getuienis aflê nie

Mense Met 'n Missie

Jy mag nie vals getuienis aflê nie

November 2, 2024 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat hierdie gebod nie net gaan oor meineed (hof-leuens) nie, maar dat dit alle vorme van lieg insluit: direkte leuens, leuens wanneer die intensie is om iemand te mislei en ook leuens wanneer halwe waarhede vertel word. Ons verstaan dat God die God van waarheid is en dat die leuen in die hart van die satan gebore is. Laat ons ons naaste bewaar van die skade van leuens

  • Ysbreker
  • Vertel 3 goed van jouself – twee moet waar wees en een moet ’n leuen wees – en laat die mense in die groep dan raai watter een is die leuen.

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Tel ’n ‘klein wit leuentjie’ as ’n leuen?
  • Hoe gereeld moet iemand lieg om ’n leuenaar genoem te word?
    • Stem jy saam met Ps. 116:11 dat alle mense leuenaars is?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees Spreuke 6:16-19
    • Hoekom dink jy het 2 van die 7 goed wat God haat met leuens te make?
  • Lees 2 Kor. 4:2
    • Watter kommentaar lewer hierdie vers op ons idee van ‘klein wit leuentjies’?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Die betekenis van die gebod is 2-voudig: jy mag nie met opset onwaarhede praat nie en jy mag nie kwaadpraat van ander nie
    • Verduidelik by elkeen van die volgende maniere van lieg hoe dit die gebod verbreek:
      • Meineed (in die hof lieg)
      • Om ander te belaster
      • Om skinderstories of gerugte te versprei
      • Vleitaal
      • Dwaalleer
      • Sorgelose leuens (casual lies)
      • Ander se woorde uit konteks te haal
      • ’n Halwe waarheid te vertel
  • Wat is die redes hoekom mense lieg?
  • Is ’n leuen ooit geregverdig?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Die raamwerk vir die woorde wat ons teenoor ander spreek moet altyd wees: om die waarheid in liefde te praat
    • Hier is 3 toetse voor ons iets sê:
      • Is dit waar?
      • Is dit nodig?
      • Is dit vriendelik?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *