Suiderhof Gemeente se Visie

Suiderhof Gemeente se Visie

January 20, 2025 Uncategorized 0

Ons Visie maak ons Mense met ’n Missie

  1. Laat elkeen iets deel van hoe dit te diepste gaan, en wat die jaar voorlê.
  2. Ons begin die jaar deur na ons gemeente se Visie te kyk. Gesels oor elkeen van die woorde of frases om die visie dieper te verstaan en te onthou.
    • Suiderhof gemeente
    • Stel bo alles
    • God
    • En Sy Koninkryk
    • En bemagtig
    • Leiers
    • En lidmate
    • Om elke dag
    • Sy dissipels te wees
  3. Wat moet ons hierdie jaar doen om die visie tot uitvoer te bring?

Preekraamwerk

    • Visie – hoe lyk jou “eendag”
    • Om te dink hoe ek wil hê my lewe eendag moet wees en dan elke dag daaraan te werk sodat dit waar kan word
    • Om vir God te vra hoe Hy wil hê ons lewe eendag moet wees en dan elke dag daaraan te werk sodat dit waar kan word
    • As ‘n gemeente almal dieselfde dink oor “eendag”, maak dit dat ons kan saamwerk en vir mekaar lief word
    • Ons “Eendag” (visie)
    • Suiderhof gemeente
    • stel bo alles
    • Ons sit dit eerste in alles wat ons dink of wil doen
    • God
    • 1 Kronieke 29:11-12
    • Alles wat belangrik is, alles wat sterk is, al die lig behoort aan U.
    • U is die Koning in die hemel en op die aarde. Here, U is Koning, U is belangriker as almal en alles.
    • Dit is Ú wat oor alles regeer.
    • U is sterk en U kan alles doen.
    • Alles wat ons het kom van U, dit behoort aan U.
    • en Sy Koninkryk
    • God is Koning oor alles en almal
    • Sy Koninkryk is die mense wat weet hoe wonderlik Hy is en Hom as hulle Koning wil hê. Hulle word dan Sy kinders
    • Hulle is lief vir die Koning, is gehoorsaam aan Hom en werk vir Hom sodat Sy Koninkryk al groter en beter kan word
    • Die Koning is lief vir Sy kinders en sorg vir hulle sodat hulle eendag saam met Hom in die hemel sal wees
    • en bemagtig leiers en lidmate om elke dag sy dissipels te wees
    • Die Koning wil hê dat al Sy kinders soos Jesus sal wees en dat hulle moet help dat almal op aarde sal weet van Sy Seun en Sy kinders sal word.
    • Mense met ‘n missie
    • Ons weet wat is ons “eendag” en ons is ywerig oppad soontoe
    • Samevatting:
    • Suiderhof gemeente sit God eerste in alles wat ons dink of wil doen
    • En vir ons is die belangrikste dat ons saam werk sodat almal op aarde vir God ken
    • En daarom wil ons netsoos Jesus wees want dis wat Hy gedoen het

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *