Gasvry

Gasvry

January 25, 2025 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat ons gasvry is omdat God eerste teenoor ons gasvry was. Dat gasvryheid nie bloot is om jou vriende te onthaal nie, maar dat dit die basis vorm van Christelike liefde na veral mense wat buite ons kringe beweeg.

  1. Ysbreker
  2. Vertel vir die groep van ’n belewenis waar jy al die meeste gasvry behandel is en ook die minste.
    1. Watter gevoel het dit by jou agtergelaat na elkeen van hierdie ervarings?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Die Bybelse woord vir gasvryheid is Philoxenos, wat vertaal kan word met: liefde vir vreemdelinge, verworpenes en/of vyande
    • Hoe weeg hierdie definisie op teen die verstaan wat jy nog altyd rakende gasvryheid gehad het?
  • Sou jy vir God beskryf as gasvry?
    • Hoekom/nie?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Matt. 25:31-46
    • Hoekom dink jy is daar vir Jesus hierdie ooreenkoms tussen: gasvryheid wat jy teenoor ander mense bewys, is so goed as gasvryheid teenoor Jesus?
    • Jesus verwys in hierdie verse na die gewig wat gasvryheid en ongasvryheid dra in die bepaling van jou stand in sy oë – hoekom dink jy is gasvryheid vir Hom so ’n ernstige saak?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Stem jy saam met die volgende aanhaling:
    • John Piper: “when we practice hospitality, we experience the joy of becoming conduits of God’s hospitality, rather than being self-decaying cul-de-sacs. The joy of receiving God’s hospitality decays and dies if it doesn’t flourish in our own hospitality to others”
  • Wat is die dinge wat ons weerhou om gasvry op te tree teenoor mense buite ons familie en sosiale kringe?
    • Watter tipe raad/bemoediging gee die volgende aanhaling vir jou in hierdie verband?
      • Bill Hybels (Just walk across the room) “What if you knew that by simply crossing the room and saying hello to someone, you could change that person’s life forever? Just a few steps to make an eternal difference. It has nothing to do with methods and everything to do with taking a genuine interest in another human being. All you need is a heart that’s in tune with the Holy Spirit and a willingness to venture out of your “Circle of Comfort” and into another person’s life.”
  • Lees hierdie aanhaling: : “meer as die voer van honger mae, is Bybelse gasvryheid die voer van uitgehongerde siele”
    • Hoe sou hierdie tipe gasvryheid verskil van ’n meer onthaal tipe gasvryheid?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Watter een praktiese stuk Bybelse gasvryheid gaan jy jouself aan toewy vir die week wat voorlê?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *