Gespreksraamwerk: Ons Gemeente Waardes: Gemeenskap

Gespreksraamwerk: Ons Gemeente Waardes: Gemeenskap

January 31, 2025 Uncategorized 0

Gemeente Waardes: Gemeenskap

  1. Gesels oor elkeen se week en wat elkeen se hoogtepunt was!
  2. Ons het verlede week gesels oor ons gemeente se eerste waarde nl. Gasvryheid. Waar kon jy dit hierdie week uitleef?
  3. Wat beteken die woord “gemeenskap”?
  4. Baie gelowiges voel dat hulle ’n christen kan wees sonder om aktief deel van ’n gemeente te wees. Hoe dink julle daaroor?
  5. Lees Hand 2:40-47 en 4:31-32
  6. Die Griekse woord “koinonia” word gewoonlik vertaal met “gemeenskap”. In Hand 2:42 word dit vertaal met “onderlinge verbondenheid” – wat beteken dit? Kyk bietjie in verskillende vertalings (gebruik bv. YouVersion) hoe hierdie woord hier vertaal word en wat ons leer oor hierdie waarde van ons gemeente. (Commit to a life together, share everything, hulle was altyd saam, versorging van mekaar, ’n nuwe verhouding met God en mekaar, fellowship)
  7. Kyk wat het hulle alles saamdoen en saam beleef. Moet ons dit sien as iets wat daardie tyd nodig was maar dat tye verander het en dus nie juis meer vandag nodig is nie? Dus, was dis God se bedoeling en opdrag dat Sy kinders vandag steeds so saam met mekaar moet leef? Hoekom? Lees Joh. 13:35
  8. Lees Hebr. 10:23-25.
  9. Lees weer vs 24 in verskillende vertalings en gesels oor hoe dit prakties vandag kan/moet gebeur.
  10. Lees weer vs 25 in verskillende vertalings. Is die bywoning van ’n gemeente se samekomste ’n opdrag? Hoekom kom ons soontoe? (Dink aan alles wat ons in vs 24 en ook in Hand 2 gepraat het).
  11. Vat saam – wat het julle vandag gehoor en wat gaan julle doen?

Preekraamwerk

Gemeente waardes
(hoe is ons, wat is vir ons belangrik – ’n proses…)

  • Gasvry – is die liefde vir die vreemdeling, die een wat buite die kring staan, die een wat in nood is
    • ’n openheid, warmte, verwelkomend
    • Nooi hulle nader (om God te vind)
  • Gemeenskap – om deel te wees van die liefdevolle familie van God
  • Groei – geestelik opbou om soos Jesus te word
  • Getuig – om die wat buite staan te help om nader te kom – gasvry…

Gemeenskap

Mense sê

  • Ek kan ’n gelowige wees sonder om aktief by ’n gemeente in te skakel
  • Ek soek eerder ’n erediens of preek op die TV waarvan ek hou
  • Ek hou in elk geval nie van die dominee of die kerk se mense nie
  • Ek is moeg gejaag deur die week – ek rus eerder
  • Wie is ek of die kerk om te oordeel oor iemand anders – elkeen moet maar self doen wat hulle dink is reg

Hand. 2:41-47

  • Gelowiges word by ’n gemeente gevoeg – 2:41,47
    • God voeg hulle by – deel gemaak van God se  Geloofsfamilie, nie gelowige net op my eie nie, dis wat God doen en wil hê moet gebeur
  • Heelhartig toegelê
    • Bly volhard, al die aandag gee, volhard daarin… beywer, dis belangrik en sorg dat dit gebeur
  • Gemeenskap van gelowiges
    • Onderlinge verbondenheid, koinonia, fellowship, Familie van God, saamwees, verhouding met mekaar, versorging van mekaar, eensgesind, saam geëet, saam gebid, saam gelag, saam swaargekry, saam geleer, saam vir God geprys
    • Die gelowiges deel die lewe met mekaar
    • 4:32 – Een van hart en siel
    • In kleiner groepe saamgekom… Nie al 3000 in een huis!

Hoekom?

Joh. 13:35

  • Dis die kenmerk van God se Familie!
  • Die Familie: God die Vader, die Seun, die Heilige Gees, die res van Sy kinders
  • Vader, Seun en Gees en al Sy ander kinders leef as familie hierdie uitsonderlike, reserwelose, abnormale, bonatuurlike, anderster, Jesus-liefde teenoor mekaar

Hebr. 10:24-25

Hebreers 10:24-25 (Die Boodskap)

24 Laat ons gedurig maniere soek om mekaar opgewonde te maak om goeie dinge vir mekaar te doen en lojaal teenoor mekaar te wees.

25 Juis daarom moet ons gereeld bymekaarkom en nie sommer wegbly nie, al doen party van julle dit moedswillig. Laat ons mekaar se hande vat en mekaar daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie.

  • Laat ons na mekaar omsien
  • Mekaar aanspoor
  • Mekaar aanmoedig
    • liefdevol bemoedig en vermaan!
  • Tot liefde en goeie dade
  • Om getrou na die samekomste van die gemeente te gaan
    • Wegbly – ’n sterk woord wat beteken om plig te versuim!
  • Om gereed te wees vir die oordeelsdag het ons mekaar nodig!

Dis ’n feit maar ook ’n opdrag

  • Christene is deel van die familie van God, maar ons moet sorg dat ons saamlewe
  • Ons het mekaar nodig om gasvry, gemeenskap, groei en getuig te laat gebeur
  • Eredienste, Kleingroepe, saam dien/doen, uitreike, gebedsgroep, kategeseklas, huisgesin… waar 2 of 3 in Sy Naam saam is.
  • Soos ’n kooltjie in die vuur…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *