Groei

Ons verstaan dat geestelike groei geweldig belangrik is vir ons vorming as mense wat ’n wesenlike verskil vir God se Koninkryk gaan maak in hierdie wêreld. Ons begryp ook dat geestelike groei nie ’n outomatiese proses is nie en werk nodig soos in enige ander area van ons lewens. Ons onderneem ook om op een van 5 punte onder punt 4 te fokus vir die komende week
- Ysbreker
- Noem ’n paar kontekste waar binne ‘groei’ ’n goeie ding is – en ook ’n paar waar ‘groei’ ’n slegte ding is
- Bv.: groei is goed as dit gaan oor geld in die bank – maar groei is sleg as dit gaan oor my maag se omtrek
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Watter seisoen in jou lewe het jy nog die meeste gegroei in jou geloof?
- Wat sou jy sê was die rede(s) vir hierdie groei?
- Watter seisoen in jou lewe het jy nog die minste groei in jou geloof ervaar?
- Wat was die rede(s) daarvoor?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees Rom 3:3-5
- Stem jy saam met die vervolg soos Paulus dit hier noem? (Swaarkry – volharding – egtheid van geloof – hoop)
- Bespreek hoekom/hoekom nie?
- Het jy dalk ’n persoonlike voorbeeld/metafoor wat hierby pas?
- Lees Hebr. 5:12-14
- Hoe lank is jy al ’n Christen?
- Dink jy Paulus se woorde is dus op jou van toepassing?
- Wat sou jy beskryf as die ‘grondwaarhede’ waarvan Paulus hier praat in v12?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Daar is in die preek gekyk na 5 dinge wat Christene verhinder om in hul geestelike lewens te groei:
- Hul voer hulself nie geestelik nie (persoonlike studie, dissiplines, tyd saam met God)
- Hul word nie geestelik gevoer nie (te min by plekke waar hul goeie inhoud by ander kry)
- Hul het niemand wat hul uitdaag om ’n meer Goddelike lewe te leef nie
- Te veel blootstelling aan wêreldse invloede
- Geen helder (goed gedefinieerde) lewensdoel nie
- Is daar een van hierdie 5 punte wat vir jou opnuut aangespoor het tot moeite maak met jou eie geestelike groei?
- Is daar ’n punt wat jy sou wou uithaal (onbelangrik) of dalk nog ’n punt wat jy sou wou bysit?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Op watter een van hierdie 5 punte hierbo gaan jy hierdie week fokus?
- Wie gaan jou daarvoor verantwoordbaar hou?