Getuig

Getuig

February 14, 2025 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat daar voorveronderstellings in almal se verstaan is wanneer dit kom by ‘om te getuig’ of ‘om ’n getuienis te hê’. Ons probeer met hierdie bespreking om die persepsies so bietjie meer Bybelse diepte en erns te gee.

  • Ysbreker

Kyk die clip saam van Simba en Nala in die Olifant begraafplaas https://www.youtube.com/watch?v=RRY04-Fg0aI&t=33s&ab_channel=PatrickToilolo

  • Die clip is 4min lank so forward hom so as julle hom wil forward, kyk ten minste vanaf 3:10

Bespreek:

  • Hoe is hierdie clip ’n goeie uitbeelding van God se verwagtinge vir ons getuienisse?
  • Hoe is hierdie clip ’n goeie uitbeelding van God se teenwoordigheid in moeilike tye?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Wat verstaan jy rondom die hele gedagte van getuienis?
  • Is dit iets wat natuurlik vir jou kom in jou daaglikse lewe, of is dit iets wat jy moet beplan vir sekere geleenthede?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Matt. 28:18-20
    • Hierdie is ’n baie geliefde teks wat die gevaar loop om oor-bekend te raak en maklik sy trefkrag te verloor. Watter gedagtes of ervarings het hierdie teks nog altyd by jou aangewakker?
    • Wat kan hierdie verse beteken vir Christene wat nie betrokke is by internasionale sending nie?
    • Die woordjie ‘maak dissipels’ [in die Grieks], is gekoppel aan die feit dat dit die opgestane, verheerlikte Christus is wat dit beveel – dit staan ook bekend as Jesus se ‘groot oproep’
      • Het jy al ooit genoop gevoel om weens hierdie redes die aktiewe uitbou en uitleef van jou persoonlike getuienis te prioritiseer?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • In die lig van baie mense se verstaan en verwagtinge rondom Jesus se groot oproep: “Om die nasies te gaan bekeer!” – wat dink jy van die volgende aanhaling
    • Jefferson Bethke “What if God doesn’t want me to do big things for him? Like, at all? What if he just wants me to talk to him and know him and live an ordinary life where I love him and my neighbors well?”
  • In ons grotendeels Christelike land het Christene geweldig gerus geraak wanneer dit kom by die uitleef van hul getuienis – met dit ingedagte, sou jy saamstem en inkoop [of nie]by die volgende aanhaling
  • C.T Studd  “Permission to speak frankly? We can pray “Your kingdom come, Your will be done” until we’re blue in the face, but it won’t make any difference if we hunker down in the comfortable confines of our Christian subculture. We need to invade some hellholes with the light and love of Jesus Christ. “Some want to live within earshot of the sound of a church or chapel bell” “I want to run a rescue shop within a yard of hell.”

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • In die erediens het ons gepraat oor die verwerking van die bekende liedjie: “Jesus loves me this I know, for the Bible tells me so”, na “Jesus loves you, this I know, and I am here to show you so”
    • Watter een persoon of gesin gaan jou fokus geniet hierdie week, en hoe gaan jy deur jou optrede vir hulle wys dat Jesus hulle liefhet?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *