Evangelie – Die Goeie Nuus

Evangelie – Die Goeie Nuus

March 2, 2025 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat die Evangelie nie in die eerste plek goeie raad is wat gevolg kan word om ’n gewenste uitkoms te kry nie, die Evangelie is goeie nuus oor wat Iemand anders namens jou gedoen het. Ons verstaan ook dat ons nie net deur Jesus gered word VAN sonde nie, maar ook TOT gelykvormigheid aan Hom – verlossing het daarom 3 kern fasette: regverdigmaking, heiligmaking en verheerliking. Ons verstaan dat dit ons taak is om hierdie goeie nuus aan ander te bring

  • Ysbreker
  • Wat is jou gunsteling onderwerp om met mense oor te gesels?
    • Gee die beste raad wat jy vir iemand kan gee in daardie onderwerp.
  • Vertel die beste nuus wat jy in die afgelope jaar gehoor het
    • Hoe verskil goeie raad van goeie nuus?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Lees 1 Pet. 3:15 en Rom 1:16
    • Hoekom is dit so geweldig belangrik vir Christene om werklik die Evangelie te verstaan?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees Rom 10:13-17
    • Wat is volgens hierdie teks die meganisme/manier wat God gekies het om sy Evangelie aan mens oor te vertel?
    • Wat is die implikasies van hierdie teks vir die gewone Christen wat elke dag dalk met ongelowiges te doen kry?

______________________________________________________________________________

  • Inhoud
  • Verduidelik wat jy verstaan onder: die Evangelie is goeie Nuus nie goeie Raad nie?
  • Verduidelik wat jy verstaan onder die drie fasette in die proses waardeur God ons verlos:
    • Regverdigmaking
    • Heiligmaking
    • Verheerliking
  • Hoe sou jy die volgende 3 stukkies kritiek teen die Evangelie antwoord:
    • Sonde raak God nie regtig nie, hoekom raak Hy dan so kwaad daaroor
    • Is die manier hoe God besluit het om sonde te straf nie so ’n bietjie oorreaksie van sy kant af nie?
    • Waarom moes Jesus aan die kruis sterf? Kon ’n liefdevolle God nie maar net vergewe het nie?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Hoe gaan jy hierdie week jouself beter inlig/toerus om die Evangelie beter te verstaan en te oorvertel?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *