Markus 11:1-11

Uitkomste: Ons raak vertroud met die storie rondom Jesus se intog in Jerusalem in. Deur na verskeie elemente van hierdie storie te kyk besef ons die nederigheid wat Jesus vir ons gemodelleer het.
- Ysbreker
- Wat was die snaaksste of angstigste ervaring wat jy al ooit op ’n perd gehad het?
- Het jy al ooit op ’n donkie gery? Hoe verskil dit van perdry?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoe sou jy die verskil tussen Jesus se intog in Jerusalem en Pilatus se intog in Jerusalem beskryf?
- Wat was die doel wat Jesus wou bereik met die manier hoe Hy in Jerusalem ingery het?
- en wat was die doel wat Pilatus wou bereik met die manier hoe hy in Jerusalem ingery het?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Mark 11:1-11 en Fil. 2:5-11
- Wanneer ons die verhaal van Jesus se intog in Jerusalem lees en dan die opdrag ontvang in Fil. 2 om dieselfde gesindheid in ons te kweek wat daar in Jesus was, hoe kan ons sy gesindheid die beste beskryf?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Jesus se verhaal is wel 2000 jaar verwyder van ons s’n af, hoe kan ons dieselfde gesindheid as wat Hy vir ons gewys het uitleef in 2025?
- Lees hierdie aanhaling: “I used to think, that God’s gifts were on shelves one above another and the taller we grow, the easier we can reach them. Now I find, that God’s gifts are on shelves one beneath another and the lower we stoop, The more we get.”
- Stem jy saam hiermee? Hoe lyk dit prakties in ons lewens?