Mark 11:12-21

Mark 11:12-21

March 14, 2025 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat die verhaal van die vyeboom en Jesus se reiniging van die Tempel ten nouste met mekaar saamhang. Ons verstaan dat die vyeboom en sy (gebrek aan) vrug ’n simbool was vir Jerusalem se gebrekkige getrouheid aan God. Ons word deur hierdie verhaal gekonfronteer met ons eie ‘vrug’ – die teken van die egtheid van ons geloof.

  • Ysbreker
  • Het jy al vyekonfyt gehad of selfs ’n heel vye en wat was jou indruk daarvan?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Mark 11:12-25
    • Wat was jou eerste indruk van Jesus se optrede teenoor die vyeboom en ook teenoor die mense op die tempelplein?
    • Hoe verstaan jy die verband tussen hierdie twee stories?
      • Wat het die vyeboom gesimboliseer?
      • Wat het die vrug wat Jesus aan die boom gesoek het gesimboliseer?
  • Lees saam Jes. 5:1-6
    • Hoe vergelyk die storie van die wingerd hier met die storie van Jesus en die vyeboom?
  • Beide hierdie verhale loop af op die vernietiging van die tempel – eers deur die Babiloniërs 587 v.C, dan deur die Romeine 70 n.C
    • Hoekom was die vernietiging van die tempel die grootste teken van God se oordeel oor sy volk?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Watter faset van die vrug van die Gees sukkel ek op hierdie stadium die meeste om in my lewe te wys (Gal 5:22)
    • Hoe gaan ek daaraan aandag gee in die komende week?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *