Mark 12:35-37 “Neem Jesus op sy eie terme”

Uitkomste: Ons verstaan dat die hele Skrif een verwysingspunt het: Jesus, die Christus van God. Ons verstaan ook dat ons Jesus op sy eie terme moet neem, soos wat Hy Homself aan ons bekend kom stel het, nie soos wat ons Hom graag sou wou hê, gevorm deur ons kultuur en tradisie, nie.
- Ysbreker
- Vertel van iemand wat jy op ’n keer ontmoet het wat jy ’n sekere verwagting, indruk of idee oor gehad het, maar jy met tyd agtergekom het dat dit glad nie ’n akkurate indruk oor hulle was nie
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Gepraat van verkeerde verwagtinge of indrukke – wat was die idee wat die Jode gehad het oor die identiteit en missie van die verwagte Messias?
- Wat kan die rede(s) wees dat hulle so ’n verdraaide idee oor die Messias gehad het?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Mark 12:35-37
- Hoe raak Jesus hier aan 3 van die belangrikste elemente van hoe ons die Bybel beskou en lees?
- Interpretasie – wat is die sentrale lens waardeur ons die Bybel moet lees?
- Outeurskap – hoekom is dit vir Jesus belangrik wie die Psalm geskryf het wat Hy aangehaal het?
- Inspirasie – Wie is die uiteindelike Outeur van die Skrif en hoekom maak dit saak?
- Kan jy aan ander tekste dink wat hierdie beginsel vir ons duidelik maak? (in die preek was daar na 3 tekste verwys)
- Hoe raak Jesus hier aan 3 van die belangrikste elemente van hoe ons die Bybel beskou en lees?
- Teenoor die lae siening wat die Jode oor die Messias se identiteit en missie gehad het – hoe het Jesus hulle kom reghelp? Wat was die Messias se identiteit en missie volgens Jesus?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoe lyk dit wanneer ek Jesus op my terme neem en nie op sy terme nie?
- Hoe kan ek keer dat ek nie van Jesus iemand maak wat my idees, sentimente, waardes, kultuur of tradisie pas nie, maar Hom op sy eie terme neem?