Geloof en Twyfel

Geloof en Twyfel

April 26, 2025 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat twyfel nooit as ’n goeie of gewenste eienskap van ’n Christen se geloofslewe gesien word nie. Twyfel is nie ’n deug wat gevier moet word nie, maar ’n probleem wat oorkom moet word. As geloof ’n ‘vaste vertroue’ in Jesus en in sy werk is, is twyfel iets wat afbreek doen aan daardie vertroue. Ons geloof het verseker ruimte vir misterie – ons weet ons sal God nooit ten volle ken nie – maar ons geloof het nie ruimte vir twyfel nie.

  • Ysbreker
  • Wie is die persoon in hierdie lewe wat jy die heel meeste vertrou?
    • Wat sal dit aan hierdie verhouding doen as jy moes begin twyfel of jy die ander persoon kan vertrou of glo wat hulle vir jou sê?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Bespreek die stelling: “die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel nie, maar ongeloof”
  • Hoekom dink jy is daar in sekere kringe in die kerk so ’n neiging om positief te dink oor twyfel en onsekerheid?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam 1 Kor. 15:1-4, 14, 19, 58
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te gaan doen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • As twyfel iets is wat ’n Christen moet oorkom – oor watter spesifieke goed twyfel jy wat jy graag meer helderheid oor sou wou hê of waarvoor die groep vir jou kan bid?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *