Om te LEEF volgens die Woord wat ek LEES

Uitkomste: Ons verstaan dat Christene wat regtig deur God se Woord getransformeer wil word 3 dinge in hul lewens moet kultiveer: om vinnig te wees om te luister, stadig te wees om te praat en stadig te wees om kwaad te raak
- Ysbreker
- Vertel van ’n keer wat jy jou voet in jou mond gesit het (iets gesê het wat jy baie spyt oor was of glad nie die regte ding was om te sê in daardie situasie nie)
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Bespreek hoekom jy saamstem/nie met die stelling: “As die Bybel jou informeer sonder om jou ook te transformeer, voed dit net jou trots”
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Jak 1:19-27
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoekom is die 3 pligte van Jak 1:19 so kern tot die Christelike lewe?
- Vir watter een van hierdie drie sou jy graag wou hê die groep moet vir jou voorbidding voor doen?