Die Heiligheid van God

Uitkomste: Ons verstaan dat mense maklik hul liefde teenoor God betuig sonder dat daar vrees/ontsag/eerbied vir God is. Ons sien dat God beskryf word as drie-maal Heilig (m.a.w., perfek en volmaak Heilig), en word herinner daaraan dat Christen-wees beteken om God se Heiligheid ernstig op te neem.
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoe verstaan jy die tipe vrees wat Christene vir God moet hê?
- John Bunyan sê die volgende: “Fear of the Lord is His treasure, a choice jewel, given only to . . . those who are greatly beloved”
- Hoekom dink jy beskou hy vrees vir die Here as ’n geskenk van die Here?
- Hoe lyk iemand se lewe wat meen dat hulle vir God lief is maar dat daar nie ook vrees is vir God nie?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam 2 Samuel 6:1-9
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Vrees vir die Here beteken dat ek Hom werklik as die drie-maal Heilige God ag wat Here wil wees oor my hele lewe.
- Doen ondersoek na watter aspekte van jou lewe nie die nodige ontsag/respek teenoor God as Here van jou lewe toon nie en vra die Here om jou te help om dit in lyn met sy wil te bring