Pinksterfees en die Heilige Gees

Uitkomste: Ons besef die kardinale rol wat die Heilige Gees in ons geloofslewens speel – van sonde besef, deur wedergeboorte en ook die proses van heiligmaking wat daarna volg. Ons verstaan ook dat wedergeboorte nie vir almal ’n ‘dag-en-datum’ het nie, maar dat mens wel die tekens van die werking van die Gees in mens se lewens kan agterkom.
- Ysbreker
- Vertel alles wat jy kan onthou of gehoor het oor jou geboorte.
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoe verstaan jy wedergeboorte?
- Het jy ’n getuienis oor jou eie eerste ontmoeting met die Here?
- Dink jy alle mense moet ’n ‘dag-en-datum’ hê waarop hulle tot bekering gekom het?
- Hoe verstaan jy die werking van die Heilige Gees in die wêreld en in die lewe van gelowiges?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Johannes 3:1-11
- Watter begrippe of vrae kom by jou op wanneer jy hierdie teks lees?
- Jesus en Nikodemus het saamgestem oor die belangrikheid daarvan om die Koninkryk van God binne te gaan – hulle het wel verskillend gedink oor hoe mens daar ingaan – Fariseërs deur ‘reëls en rituele’ na te kom en Jesus deur ‘wedergeboorte’
- Hoekom kan ‘reëls en rituele’ nakom mens nie in God se Koninkryk kry nie? (lees Rom 3:21-24 as julle vashaak)
- Hoe verstaan jy ‘om uit Gees’ gebore te word?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Wie kry die krediet vir ons wedergeboorte?
- Wat is die verskil tussen ’n ‘onbekeerde en sonde’ en ’n ‘wedergebore Christen en sonde’?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoe kan ek geloofsekerheid hê dat die Heilige Gees wedergeboorte in my gewerk het?