Jy moet weergebore word
Uitkomste: Ons verstaan dat die enigste manier om Hemel toe te gaan is om weergebore te word deur die Heilige Gees. Dit is om van geestelike dood – die toestand waarin ons elkeen gebore word – oor te gaan na geestelike lewe. Hierdie is egter nie iets wat ek uit my eie krag kan doen nie, dit is ’n genadegawe wat slegs God kan gee. Ons verstaan ook wat wedergeboorte beteken vir die tipe lewe wat ek elke dag leef: ’n lewe wat getuig van my Hemelse burgerskap.
- Ysbreker
- Vertel van die laaste keer wat jy deur paspoort beheer moes gaan voor jy in ’n ander land kon ingaan
- Wat sou gebeur het as hulle vir jou gesê het jou paspoort het verval of jy het nie die regte visum om in die land in te gaan nie?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Joh. 3:1-12
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoe weet jy dat jy weergebore is?