Kom na my toe
Uitkomste: Ons verstaan dat Jesus nie ’n nuwe geloof met ’n nuwe stel reëls en laste gebring het om bloot al die ander mee te vervang nie – Hy het Homself vir ons kom aanbied en sy aanbod is dat Hy ons laste op Hom wil neem. Ons verstaan dat daar wel ’n koste verbonde is aan om Hom te volg maar dat die eintlike stryd is om van die dinge ontslae te raak wat die wêreld, die vlees en die bose konstant op ons skouers plaas.
- Ysbreker
- Deel met die groep hoe jy die Here ontmoet het of hoe julle verhouding begin het?
- Wat is vir jou die moeilikste ding aan volgeling van Jesus wees?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Matt. 11:28-30, Joh. 15:11, Joh. 3:19-20, Joh. 6:44 & 65
- Wat sê hierdie tekste vir ons oor God?
- Wat sê hierdie tekste vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie tekste vir ons om te doen?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Watter las dra jy wat jy in Jesus se hande moet oorgee?