Luister na my
Uitkomste: Ons verstaan dat Jesus in ons lewe inpraat en dat daar is groot verskil is om Hom net te hoor en om na Hom te luister. Ons verstaan hoe belangrik dit is om na Jesus se woorde te luister omdat dit die woorde van God is en die woorde is wat ons tot geloof kan bring. Ons weet hoeveel geraas elke dag ons aandag soek en dit vir ons moeilik maak om na Jesus te luister – dit is goed dat ons dit weet, dit beteken ons kan intensioneel tye inruim om stil te raak en gedissiplineerd na Jesus te luister.
- Ysbreker
- Om God te hoor in ’n raserige wêreld
- Elkeen aan die tafel maak ’n harde geluid oor-en-oor (mond geluid, hande klap, voete stamp, op die tafel klap ens.)
- Terwyl almal saam raas laat iemand ’n teks lees met ’n sagte stem, bv. Psalm 46:11 – “Wees stil en weet Ek is God”
- Laat die geraas stop en vra wie kon hoor het wat gelees was
- Laat almal nou stilsit en weer na die vers luister
- Hoe is hierdie ’n goeie uitbeelding van die wêreld waarin ons leef?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Luk. 8:5-8 en 11-15
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Watter saad is die beste beskrywing van wat op hierdie stadium in jou lewe aan die gang is?
- Hoe gaan jy dit verander?