Bly in my

Bly in my

September 26, 2025 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat, om Jesus se ‘Bly in My’ opdrag uit te voer, Jesus vir ons verduidelik dat dit eenvoudig beteken om te bly vertrou in die waarheid van Jesus se Woord en te bly vertrou in die sekerheid van Jesus se liefde. Ons verstaan ook dat hierdie ‘bly in My’ ‘n opdrag is tot aktiewe deelname aan ’n daaglikse verhouding met Jesus, nie ’n eenmalige transaksie iewers in my verlede nie.

  • Ysbreker
  • Groepleier/mentor kan ‘n groot baadjie of jas na die groep gesprek toe bring en vir 2 mense vra om saam in daardie een baadjie in te klim
    • Nabetragting: hoe is hierdie oefening ’n goeie illustrasie van Jesus se opdrag ‘bly in My’?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
  • Kyk hierdie kort video oor ‘the fence belongs to me’ en praat oor hoekom die ‘fence’ aan die duiwel behoort en ook hoekom Jesus in Openbaring 3:15-16 verklaar dat Hy niks van louwarm Christene hou nie https://www.youtube.com/shorts/q4XxU73bSUk

______________________________________________________________________________

  • Teks

Lees saam Joh. 15:4-5 & 9 en Joh. 8:31-32

  • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Gaan huis toe, gaan na jou kamer en maak die deur toe – en vra vir die Here om vir jou die waarheid oor jou posisie teenoor Hom te wys
    • hier voor jou is twee kante en ’n draad wat hulle van mekaar skei
      • die eenkant behoort aan die wêreld/vlees/bose
      • die ander kant behoort aan God die Vader, Seun en Heilige Gees

Gebed: “Here, wys my asseblief waar my lojaliteit tans die duidelikste te sien is; is dit by U, by die wêreld, die vlees en die bose, of op die draad? Here as dit op enige ander plek is as by U, wys my asseblief wat in my binnekant en aan my buitekant moet verander sodat ek volkome in U kan bly.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *