Dra jou kruis

Dra jou kruis

October 3, 2025 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat kruis-dra nie beteken dat niks in hierdie lewe meer belangrik is nie, maar wel dat ek ‘n nuwe perspektief daarop gekry het – geld, eer en sukses is nie meer ’n doel op sigself nie, maar ’n middel tot die doel om ’n meer effektiewe dissipel van Jesus te word. Pyn, hartseer en lyding hoef my nie meer te breek nie, maar kan ’n kragtige instrument in God se hand raak om ander hoop, heling en bemoediging te gee. Kruis-dra beteken dus dat my fokus skuif van selfbevrediging, na dissipelskap.

  • Ysbreker
  • Bring ’n tennisbal. Laat een van die groeplede op ’n ander se rug klim – gooi dan die tennisbal vir die een wat die ander persoon dra. Laat die persoon so bietjie rondhardloop om die bal te vang
    1. Nabetragting: was dit maklik of moeilik om met iemand op jou rug die bal te vang en te jaag?
    1. Is daar enige iets positief aan hierdie tipe oefening?
    1. Op watter wyse is dit hoe kruis-dra ook ons lewens beïnvloed?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Matt. 16:24, Gal 2:21-22 en Hebr. 2:17-18
    • Wat sê hierdie tekste vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie tekste vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie tekste vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Dink hierdie week na oor watter een van die 4 illustrasies van hoe Christene met hul kruis omgaan die beste beskrywing van jou huidige uitleef van jou dissipelskap is
    • Wat moet jy doen om by die 4de tipe kruis-dra uit te kom?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *