Hê God lief

Hê God lief

October 10, 2025 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat om God lief te hê beteken dat ons Hom lief het soos Hy is, nie soos ons wil hê Hy moet wees nie. Ons het ook HOM lief, nie die idee van Hom nie – dit wat Hy vir ons verteenwoordig of daardie aspekte van onsself wat ons graag in Hom sou wou sien nie. God het ‘n Naam en ‘n identiteit – Hy wil dat ons Hom in waarheid aanbid.

  • Ysbreker
  • Gesels oor die uitbeelding met die sticky notes, van hoe ons maklik ons eie God skep om lief te hê in plaas van die ware God
    • Hoekom dink jy doen mense dit?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Mark 12:28-30; Eks 3:6 & 13-15
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
  • Hoekom dink jy het Jesus juis die fasette hart, siel, krag en verstand gebruik?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Hoe wys ek dat ek God lief het? Lees Joh 15:14 en Gal 1:7-8

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *