Die Vreugde van…

Die Vreugde van…

October 24, 2025 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat Jesus ons uitnooi tot vreugde – nie ’n vreugde wat aan ons omstandighede gekoppel is nie, maar die vreugde van Hom al meer ontdek, die vreugde van nee sê vir wêreldse ervarings sodat ek Hom beter kan ervaar en die vreugde van uitsien na die ewige toekoms wat vir my saam met Hom wag.

  • Ysbreker
  • Vertel van die heel beste ervaring wat jy al in jou lewe gehad het (grootste vreugde)
    • Hoe kan die Hemel beter wees as dit?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
    • Wat verstaan jy onder die 3 fasette van vreugde:
      • Die vreugde van ontdek
      • Die vreugde van ervaar
      • Die vreugde van uitsien

______________________________________________________________________________

  • Teks

Lees saam Matteus 13:44, Lukas 6:22–23, Lukas 10:20

  • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Hoe kan ’n fokus op hierdie 3 vreugdes jou help om jou vreugde meer in Jesus te vind en minder in die wêreld?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *