Die brief aan Sardis
Uitkomste: Ons verstaan dat die kerk haar getuienis verloor wanneer sy gemaklik en gerieflik in die kultuur begin inpas, wanneer sy geen aanstoot meer gee nie. Ons verstaan ook dat ’n gemeente (selfs ’n denominasie of ook ’n individu) van buiteaf lewend kan lyk – besig, vol programme, baie idees – maar van binne dood. Ons waak hierteen deur voortdurend te onthou wat ons kern fokus moet wees, dit wat ons ontvang het: Christus, sy Evangelie, die Heilige Gees en die leer van die apostels.
- Ysbreker
- Vertel van ’n keer toe jy iets gekoop het (speelding, tool, eetding) wat op die pakkie baie goed of lekker gelyk het en toe jy dit eet/gebruik kom jy agter “dis glad nie soos geadverteer nie”
- Hoe is so ’n ervaring dieselfde as wanneer ’n kerk “die naam het dat sy leef, maar binne dood is”?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Op watter manier is die brief van Sardis op individuele gelowiges se lewens van toepassing?