Emmausgangers
Uitkomste: Ons verstaan dat die verhaal van Jesus se verskyning aan sy dissipels op pad na Emmaus toe, ’n wonderlike model van sy reis saam met ons en ook ons reis saam met ander kan wees.
- Ysbreker
- Wat is die vreemdste ding wat al met jou op ’n ‘hike’ of staptoer gebeur het?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
______________________________________________________________________________
- Teks
Lees saam Luk. 24:13-35
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
Dink aan een persoon wat jy dalk hierdie week kan benader op die manier wat Jesus sy dissipels op pad na Emmaus toe benader het – bid dat die Here vir jou ’n geleentheid sal skep om saam met hulle te kan begin reis