Die gelowige Thomas

Die gelowige Thomas

April 19, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat ons baie meer by Thomas kan leer as bloot om nie soos hy te twyfel toe dit belangrik was dat hy geglo het nie. Ons verstaan dat geloof in God in die eerste plek ’n verhouding met ’n Persoon is en dan instemming met ’n klomp feite oor daardie Persoon.

  • Ysbreker
  • Hoe voel dit wanneer ’n kennis/vreemdeling vir jou sê “ek glo jou nie”?
  • Hoe voel dit wanneer ’n vriend of familielid vir jou sê “ek glo jou nie”?
    • Hoekom die verskil?
      • Hoe dink jy het Jesus daaroor gevoel dat Thomas Hom nie geglo het voordat Jesus hom gewys het nie?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
  • Wat is die dinge in jou geloofslewe wat jou soms laat twyfel aan die dinge wat Jesus van ons verwag om Hom mee te vertrou?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Joh. 20:24-29
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Hoe leer mens iemand meer vertrou?
  • Hoe kan jy maak om Jesus meer te vertrou?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *