Het jy my lief?

Het jy my lief?

April 25, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat Jesus se genade jou volkome herstel—jou skuld en skaamte diskwalifiseer jou nie, maar word oorskadu deur Sy vergifnis en roeping vir jou lewe. Hy vra nie eerstens oor jou mislukkings nie, maar oor jou liefde vir Hom—en roep jou dan om vorentoe te leef in daardie roeping.

  • Ysbreker
  • Hoekom dink jy het Jesus se belangrikste gesprekke met ’n ete gepaard gegaan?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Joh. 21:1-17
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
  • Wat maak ons van die 2 dinge wat ons Petrus sien doen:
    • Hy trek sy bokleed aan toe hy hoor dis Jesus wat op die strand is
    • Hy spring oorboord en swem na Jesus toe

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Watter skuld of skaamte dra jy tans wat jou laat voel jy is nie bruikbaar vir God nie—en hoe verander hierdie teks jou perspektief daarop?
  • Skryf in een sin neer: “Omdat Jesus my herstel het, gaan ek…” en deel dit met die groep (as jy gemaklik is)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *