Na ek gesondig het
Uitkomste: Ons verstaan hoe belangrik gehoorsaamheid aan God is, maar ook dat ons nie van sonde gevrywaar is nie – ons verstaan dat ‘na ek gesondig het’ God nie offers en opofferinge van my soek om die saak tussen my en Hom weer ‘reg’ te maak nie, maar die erkenning van my sonde, ’n opregte en gebroke hart en dat ek so gou moontlik weer sal opstaan en na Hom toe sal terughardloop.
- Inleiding
- Was daar al dinge wat jy gedoen het in jou lewe wat jy gewonder het of God jou ooit sal kan vergewe?
- Hoekom het jy so gevoel?
- Het vandag se boodskap jou op ’n manier ’n antwoord hierop?
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Psalm 51:3-19
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Watter gesonde grense kan jou help om die gereelde sondes te bekamp?
- Hoe kan jy jou gebede verander na jy gesondig het om meer in lyn te kom met “gehoorsaamheid nie offerande nie”?