Simon, slaap jy? (Gebed)

Simon, slaap jy? (Gebed)

June 13, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons kyk na Simon wat ‘n nuwe naam by Jesus kry, Petrus – wat pas by sy nuwe identiteit en die roeping wat Jesus vir hom gee. Ons sien ook hoe Jesus uiteindelik in die tuin van Gethsemane hom op sy ou naam noem – Simon – toe Hy hom aan die slaap vang nadat Jesus Hom beveel het om te “waak en bid”. Ons lei die beginsel hieruit af: Prayerlessness resurrects the old man, prayerfulness keeps him buried

  • Ysbreker
  • Hoe voel jou lyf wanneer die sport weer begin na ’n vakansie of lang tyd wat jy bietjie minder of glad nie geoefen het nie?
    • In watter opsigte is gebed soos gym/draf?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
  • Hoe verstaan jy die onderskeid wat in die preek gemaak is tussen Simon en Petrus?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Mark 14:27-38
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Hoe kan ek ‘waak en bid’ prakties beter doen?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *