Moenie angstig wees nie
Uitkomste: Ons verstaan dat Jesus se bevel “moenie angstig wees nie”, nie beteken dat daar niks is om oor angstig te wees nie, maar dat wanneer ons vanuit ons ontwerp en roeping leef, ons fokus verskuif van die dinge wat ons angstig kan maak na die Vader wat elke dag sorg en reeds my hele lewe ingedagte het.
- Ysbreker
- Is daar iets in jou lewe waaroor jy altyd geweldig gestres het/angs ervaar het, maar wat nou vir jou nie meer so erg is nie?
- Wat het verander?
- Is angs altyd ’n slegte ding?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
- Hoe help die alternatiewe vertaling van Jesus se opdrag “moenie bekommerd wees nie”, naamlik “moenie afgelei (distracted) word nie”, ons om beter te verstaan wat Jesus hier bedoel?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Matt. 6:25-34
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
Watter angse/vrese/kommer het ek nodig om vir Jesus te gee hierdie week?