Wie is die hoofkarakter?

Wie is die hoofkarakter?

June 27, 2026 Uncategorized 0

Tema: Wie is die hoofkarakter

Uitkomste: Ons verstaan dat trots nie bloot gaan oor hoe baie jy VAN jouself dink nie, maar juis ook hoeveel jy AAN jouself dink – dan is dit nie bloot selfverheffing nie, maar ook selfbejammering wat kan tel as trots, want beide hierdie kante van trots sê “kyk na my” (kyk hoe goed is ek/kyk hoe swaar kry ek). Ons gesindheid moet die nederigheid van Jesus wees en die erkenning dat Hy – nie ek nie – die ware Hoofkarakter van ons storie is.

  • Ysbreker
  • Hoe verstaan jy die term Hoofkarakter sindroom as jy kyk na hoe hoofkarakters optree in jou gunsteling fliek/speletjie.

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
  • Hoe kan selfbejammering ook beskou word as ’n vorm van trots?
  • Hoe sou jy nederigheid vir iemand verduidelik?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Lukas 18:9-14 en/of Matteus 6:1-6 & 16-18
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Waar in jou lewe is daar hoogmoed of selfbejammering waar jy die hoofkarakterskap vir Jesus moet teruggee?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *