Woede-godjies

Woede-godjies

July 5, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat God nie vir ons verbied om kwaad te word nie, maar wel voorskryf wat aanvaarbare woede is. Sondige woede word gebore uit trots of vrees, waar dit uiteindelik neerkom op ’n gebrekkige vertroue dat God geregtigheid sal laat geskied of dat God sal sorg – teenoor heilige/geregverdigde woede wat uiteindelik neerkom op ’n behoefte om die herstel van die verhouding tussen God en mens en mens en mens te sien gebeur.

  • Ysbreker
  • Wat is die snaaksste ding wat al ooit met jou gebeur het terwyl jy kwaad was – of wat jy al met iemand anders sien gebeur het terwyl hulle kwaad was?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
  • In watter opsig sou jy sê kan woede gekoppel wees aan trots of vrees?
  • Hoekom maak dinge wat my ego, my beheer, my gemak, my verwagtinge  of my koninkryk aantas my dikwels woedend?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Romeine 12:9-21
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
  • Hoe onderskei die Bybel tussen sondige woede en heilige woede?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Watter verhoudings ly tans onder jou woede? Watter situasies wek gou jou woede en het jy nodig om vir die here te vra om jou hart te verander?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *