Een ding kom jy kort

Een ding kom jy kort

July 11, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat God se standaard vir toegang tot die Hemel absolute morele perfeksie is – daarom is geen mens goed genoeg om hemel toe te gaan op eie meriete nie, slegs op Jesus se meriete. Ons verstaan daarom dat ons goeie werke nie ‘n plaasvervanger kan wees vir Jesus se reddingswerk nie, ons doen God OMDAT Jesus ons gered het. Soms kom ons een ding kort – om te laat gaan van die aardse en vleeslike dinge wat ons vasklou sodat ons Jesus se hand kan vat.

Ysbreker

  • Het jy al ooit iewers vasgesit?
    • Hoekom is vassit nie ‘n lekker ervaring nie?
      • Op watter maniere “sit mense vas” wat hulle geloofslewens betref?

______________________________________________________________________________

Inleiding

  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
  • Hoe verstaan jy die stelling “daar is nie iets soos ’n goeie mens nie”
    • Hoe oorkom ons dan die probleem dat God se standaard om Hemel toe te gaan absolute perfeksie is?

______________________________________________________________________________

Teks

  • Lees saam Mark 10:17-22
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
  • Hoe is die illustrasie van die bobbejaan ’n goeie illustrasie van Jesus se woorde aan die jong man: “een ding kom jy kort”

______________________________________________________________________________

Toepassing

  • Wat het jy nodig om te laat gaan wat op hierdie stadium vir jou verhinder om Jesus se hand ten volle te vat en hoe gaan jy dit doen?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *