Die smal deur

Die smal deur

July 18, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat die pad waarop Jesus ons nooi begin deur by ’n baie smal “deur” in te gaan – dit is nie ’n fisiese deur nie, maar ’n voorstelling van wat dit van ons vra om agter Jesus aan te begin loop: om los te kom van ons gehegdheid aan alles wat nie saam met ons deur daardie “deur” gaan pas nie.

Ysbreker

  • Was jy al ooit iewers toegesluit (per ongeluk of asperis)? Vertel die emosies wat jy beleef het en hoe jy toe weer daar uitgekom het?
    • In die lig van hierdie ervaring van jou, hoe voel jy oor Jesus se woorde dat die “deur” na God toe iewers finaal gesluit gaan word?

______________________________________________________________________________

Inleiding

  • Som dit wat jy in die preek gehoor het/wat vir jou uitgestaan het in een sin op?
  • Hoekom dink jy noem Jesus die proses om deur die deur te gaan ’n stryd/geveg?

______________________________________________________________________________

Teks

  • Lees saam Luk. 13:22-30
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

Toepassing

  • As Jesus sê “baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie” beteken dit dat ons ’n verantwoordelikheid het om ander ook by die stryd te betrek
    • Identifiseer een persoon wat jy hierdie week gaan vertel wat jy in die preek gehoor het

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *