Sal die regte Jesus opstaan asseblief?

Sal die regte Jesus opstaan asseblief?

July 26, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons is bewus van die versoeking om ’n Jesus na ons eie beeld te skep. Ons verstaan dat Jesus nie bloot ’n naam is wat ons aan enige idee van Jesus kan koppel nie – daar is net een Jesus wat die smal deur is waardeur ons gered kan word en dit is die Jesus (die hele Jesus) wat die Bybel aan ons voorhou

Ysbreker

  • Kyk gou op julle fone hoeveel Johan’ne in julle kontakte is
    • Wie is die regte Johan?
      • Hoekom werk so ’n vraag nie?
  • Wat is die grootste verskil tussen die naam Jesus en die naam Johan?

______________________________________________________________________________

Inleiding

  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
  • Hoeveel verskillende Jesus’se het jy al van kennis geneem?

______________________________________________________________________________

Teks

  • Lees saam Joh. 10:1-9
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
  • Hoekom is dit so belangrik dat ons die regte Jesus aanbid?

______________________________________________________________________________

Toepassing

  • Gaan maak hierdie week moeite om een van die Evangelies biddend deur te lees en vra voortdurend jouself die vraag af: is die Jesus wat ek aanbid dieselfde Jesus waarvan die Bybel praat of is daar maar baie van my eie idees in die Jesus wat ek aanbid?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *