Beter as ‘n fariseër
Uitkomste: Ons verstaan dat God se wet, beginsels en voorskrifte bedoel was om ’n bloudruk te wees van God se idee van ’n perfekte mens. Ons verstaan wel dat, a.g.v. sonde, geen mens ooit God se standaard kon behaal nie – daardeur word die funksie van die wet vir ons soos ’n spieël wat vir ons wys hoe vêr ons God se standaard te kort skiet. Jesus kom egter en wees die perfekte mens deur God se wet perfek te onderhou; Hy stel vir ons die voorbeeld van wat God van ons verwag en Hy nooi ons uit om ’n nuwe hart by Hom te kry sodat ons met ywer sy voorbeeld kan volg.
Ysbreker
- Het jy al iets met die beste bedoelinge gedoen wat toe verskriklik skeef geloop het?
- Die fariseërs was aanvanklik mense wat te alle koste wou verhinder dat Israel weer van God se verbond wegdryf – hoe dink jy het hulle van daardie opregte intensie gegaan tot die groot ‘bad guys’ van die Nuwe-Testament?
______________________________________________________________________________
Inleiding
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
- Hoe verstaan jy die ware doel van God se wet – dat dit veronderstel was om “Jesus’se” te produseer?
______________________________________________________________________________
Teks
- Lees saam Matt. 5:17-20
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
______________________________________________________________________________
Toepassing
- Watter dinge in my lewe probeer ek van buiteaf (doen en probeer) na binne werk (hartsverandering) in plaas van om God te vra om eers my hart te verander sodat my optrede my hart sal volg.