Pos uit Patmos: Pergamum

Pos uit Patmos: Pergamum

February 28, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan die groot uitdagings van die gemeente in Pergamum – in ’n stad waar godsdiens, kultuur en politiek so nouliks vervleg was, was dit geweldig moeilik om ’n Christen te wees sonder om deur die kultuur ingesluk te word. Ons verstaan wel dat dit juis is waartoe ons geroep word en waarvoor Jesus ook die gemeente in Pergamum prys en aanmoedig: om nie te word soos die wêreld om hulle nie, om nie die Evangelie met die kultuur te verwater nie

  • Ysbreker
  • Waar het jy al in ’n kerk iets gesien of gehoor wat jou laat wonder het of die kerk nie dalk te veel die kultuur probeer akkommodeer nie?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Openbaring 2:12-17
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Wat kan jy in jou eie lewe aanpas/verander of van ontslae raak om seker te maak dat die kultuur moeiliker ’n invloed in jou lewe sal kan uitoefen?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *